Bestanddele:

  • Ongeveer 40 groot koejawels
  • 2 koppies EZE-Sweet
  • 6 koppies water

Metode:

  • Skil koejawels en sny in verlangde stukke
  • Pak gesnyde koejawels (rou) in glasbottels
  • Gooi 1 eetlepel water in elke bottel
  • Mikrogolf vir 6-7 minute op hoog
  • Kook 2 koppies EZE-Sweet en 6 koppies water
  • As bottels uit mikrogolf kom, gooi kokende stroop bo-oor
  • Vul tot oorloop
  • Skroef toe
  • Pak bottels onderstebo en laat koud word (indien dit borreltjies vorm is dit nie goed genoeg geseël nie)
  • Was bottels af, merk met datum en as SUIKERVRY
  • Pak op rak en geniet

Resep ingestuur deur Susan Kent

Picture1
Picture2
Picture3