Rogbrood (50%)

Resep getoets in Melloware Broodmaker Masjien

Nat Bestanddele:

  • 360ml Water
  • 3 Tafellepels Sonneblomolie (indien verkies kan botter die olie vervang

Droë Bestanddele:

  • 360ml Water
  • 2 Tafellepels Ligbruinsuiker (Vervang dit met 1 gelyke Tafellepel EZE-Sweet
  • 2 Teelepel Sout
  • 4 Teelepels Caraway Saad (Opsioneel – Ek gebruik dit nie agv smaak)
  • 300gr Witbroodmeel (Ek gebruik stone ground)
  • 300gr Rye Meel (Ek gebruik stone ground)
  • 4 Teelepels Gedroogde aktiewe gis (Ek gebruik NCP droë gis)

Metode:

  • Plaas water en olie saam in die bakpan
  • Plaas al die droë bestanddele in ‘n glas mengbak (in die volgorde soos bo gemeld)
  • Voeg by die water
  • Gebruik die masjienstelling soos vir volgraanbrood.
  • Vir beste resultate verwyder brood van masjien sodra baktyd verby is en plaas op ‘n draadrak om af te koel vir 20–30 minutes voordat die brood gesny word. (Indien onmiddellik gesny word sal ontsnappende stoom die brood klam laat en sal dit klonterig word.)

Resep ingestuur deur Basil Spencer-Hicken


Comments are disabled for this post